Pieter en Chantal se Kamp Kombuis
Ons is mal oor kamp. Of ons die karavaan gebruik, een van ons tente of sommer net met die bakkie erens gaan staan. Een van die dinge wat help om die kamp makliker te maak is 'n kamp kombuis.
Deur die jare het ons gekyk na verskeie tipe kamp kombuise. Ons het baie gesien waarvan ons gehou het en nog meer wat nie presies vir ons sal werk nie. Die vereistes waaraan ons kamp kombuis moet voldoen is
Uiteindelik het ons toe maar Google Sketchup nader getrek en ons eie kamp kombuis ontwerp.
Kamp kombuis reg vir wegpak
Kamp Kombuis opgeslaan. Die voorkant van die rakke se latte wat keer dat goed uitval is nie op die skets nie
Dit het n twee plaat gastoof in. Al die pote en panne, opwas houers en ander toebehore en ook rakke vir die kleiner goed soos speserye, koffie ens wat nodig is.
Met die kombuis opgepak is dit n krat wat 500mm breed is sodat dit by die karavaan se deur kan pas. Die mates is 500 x 700 x 660mm. Die kombuis is gemaak van 6mm Plywood, as ek weer een moet bou sal ek ook 2mm Aliminium trap-plaat oorweeg.
Die kombuis is baie maklik om op te stel. Sit hom neer.
Kombuis Opgeslaan
Knip die voorkant los en swaai dit oop.
Voorkant oop
Knip die bokant los en swaai dit oop. Die bokant vorm die tafelblad. Die poot van die tafelblad is vas aan die blad. Knip die tafel en die voorkant aan mekaar. Skroef n gas bottel aan die stoof en jy is opgestel.
Opgestel!
Laai Kassie
Vir die messe en vurke en al die ander skerp dinge en bekers het ons by een van die winkels wat plastiese items verkoop een van die drie laai kassies gekoop. Die enigste probleem met hulle is dat dit net aanmekaar gedruk word en val sommer uitmekaar as jy dit wil skuif of optel.
Laai Kassie
Die oplossing is om die kas aanmekaar te sit en dan by elke las n klein gaaitjie te boor en ‘n langerige ‘Dry Wall’ of hout skroef in te draai, jy het 16 van hulle nodig. Ons ry al vir jare met een van hierdie in die karavaan sonder dat dit uitmekaar wil val.
Die volgende foto wys waar die skroewe ingesit moet word om te verseker dat die kassie aanmekaar bly.
i
Posisies waar die skroewe ingedraai moet word
Pieter Fourie
pieter.fourie@gmail.com