Daar skiet ´n Ster!
Banksgate, 19-21 Maart 2005
Hierdie was eerder ´n
OOG-geïnspireerde werkswinkel as ´n direkte OOG poging. Ons
plaas dit nogtans hier op die OOG webwerf vir die interessantheid.
Ferdie Lochner (links) is al lid van OOG vanaf sy stigting.
Behalwe vir sy belangstelling in sterrekunde is Ferdie ook ´n
ywerige veldryer en lid van die Oud Matie 4x4 Klub. Ek (Willie) ken
toevallig vir Jurgens Schoeman, die stigter en voorsitter van die
Oud Matie 4x4 Klub. Alhoewel ek en Jurgens al menigmaal gedreig
het om ´n 4x4 uitstappie met sterrekyk te kombineer, het ons nog
net nooit sover gekom om dit te reël nie.
Aan die begin van 2005 kom Ferdie met dieselfde voorstel. Ek
spreek my bereidwilligheid uit en stel voor ons por bietjie vir
Jurgens ook aan, wat entosiasties reageer. Na ´n klompie e-posse groei hierdie saadjie wat Ferdie geplant het en
neem die plan meer en meer vorm aan. Binnekort word ´n datum en plek
vasgestel.
|