Op 1 Junie 2007 skryf Philip van Heerden:
Verlede nag om 1 uur laat ek vir Jonty, ons Jack Russell uit en 'n wonderlike volmaan begroet my met Jupiter pragtig naby hom. 
Ek moes net 'n foto neem met my Sony Cybershot T10 op 'n driepoot en die "self-timer". Een foto was gewoon geneem sonder 
die flits en die ander een op "high speed shutter". Eersgenoemde (regs) wys 'n hopeloos oorbeligte Maan maar Jupiter duidelik. 
Die ander een (links) teen 3X zoom, toon 'n pragtige "Blou Maan"! Daar is mos hierdie maand 'n blou maan!

Foto: © Philip van Heerden

Kliek Back op jou web-blaaier om terug te keer