Met die ondervinding opgedoen tydens my
vorige poging om ´n 180-grade
panorama van die Gordel van Venus te neem, was ek met my volgende
Sutherland trip in Junie 2006, gewapen met ´n driepoot en vooraf
uitgewerkte kamerastellings. Al wat nou kortgekom het was mooiweer, sonder
enige wokies, wat gelukkig gou gekom het. Die volledige boog van die
antitwilight arch kan hier duidelik gesien word.
Dit was ´n baie groot eer toe hierdie foto
APOD van 15 Junie 2006
gehaal het (een dag voor hulle 11de verjaarsdag)! Foto: © Willie Koorts |
Kliek Back op jou web-blaaier om terug te keer |